Polisie-adjudant wen Idols SA

Deel hierdie storie / Share this story

AO Thapelo Molomo is Sondagaand as die wenner van Idols SA se 18de seisoen gekroon.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê die polisie is verskriklik trots op die 29-jarige polisielid wat by die Brits-polisiestasie gestasioneer is.

Molomo is in Mokopane in Limpopo gebore en grootgemaak en het sy beroep as intern by die polisie se Sielkundige Dienste-stasie begin. Hy is later as traumaberader aangestel. Molomo het ook ‘n BA-graad in sielkunde.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het die geleentheid Sondagaand bygewoon.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel