Die Twilight-akteur Taylor Lautner (30) en Taylor Lautner (voorheen Dome) (25) het Vrydag by die Epoch Estate Wines in Kalifornië die knoop deurgehak.
Lautner het sy bruid ontmoet toe hy ‘n breek van sy akteursloopbaan geneem het.
“Ek wou ‘n tree terugneem en die lewe geniet en ‘n bietjie tyd saam met vriende en familie deurbring,” het hy in Januarie aan PEOPLE vertel.
“My suster, Makena, het ons aan mekaar voorgestel.”
Die paartjie het in 2018 hulle verhouding bekendgemaak en Lautner het op 11 November 2021 die groot vraag gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



