Cassidy Goga (21) wat Maandag as vermis aangemeld is, is dood gevind.
Hy het sy huis verlaat om kollege toe te stap, maar het nooit sy bestemming bereik nie.
Polisielede en Renegade Search and Rescue saam met ander owerhede en instansies het sedertdien na hom gesoek.
Sy liggaam is in oop veld in Fernwood gevind.
Razia Cassim, Renegades se soek-en-reddings-koördineerder het simpatie teenoor Cassidy se familie en vriende uitgespreek.
FiND iT wil ook meegevoel met Cassidy se familie en vriende betuig in hierdie moeilike tyd.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



