Grey’s Anatomy het met ‘n sneak preview verklap dat Meredith Grey, gespeel deur die aktrise Ellen Pompeo, die reeks as sleutelkarakter gaan verlaat. Die spesifieke episode is getitel: I’ll Follow the Sun.
Sy het sedert 2005 die hoofkarakter in die reeks gespeel.
In ‘n promo-video vir die terugkeer van die 19de seisoen van die reeks op 23 Februarie 2023 is daar ‘n kykie na Meredith se finale laaste twee episodes.
Meredith kondig aan dat sy Grey Sloan verlaat vir ‘n werksgeleentheid in Boston waar sy aan ‘n kuur vir Alzheimer-siekte gaan werk.
Dit sal dan wees wanneer sy die reeks as ‘n sleutelkarakter verlaat. Sy sal glo in slegs agt van die seisoen se episodes te sien wees.
Maar kykers word getroos deur die wete dat Grey altyd kan terugkeer. Sy gaan glo in die finale episode te sien wees en sal steeds die verteller wees vir al die episodes.
Die aktrise het ‘n kontrak met Hulu geteken vir ‘n nuwe beperkte reeks waarin sy gesien kan word. Wat die feit dat sy die reeks verlaat meer permanent maak, is haar huis wat afbrand en slegs die post-it wat oorbly waarop sy en Derek hul huweliksbeloftes neergeskryf het.
Nuwe karakters wat glo goed deur ondersteuners ontvang is, maak die vooruitsigte vir ‘n 20ste seisoen dalk moontlik.
Bronne: Deadline ABC News en Entertainment
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



