Vrou (56) gee geboorte aan eie kleindogter – erken sy is hartseer om van die baba geskei te word

Deel hierdie storie / Share this story

Nancy Hauck (56) van St. George, Utah in die VSA was ‘n surrogaat vir haar eie kleindogter en het erken dat sy hartseer was om van die baba geskei te word toe sy aan haar seun oorhandig is.

Jeff Hauck (32) en sy vrou Cambria (30) het reeds vier kinders en kon vanweë ‘n histerektomie nie meer kinders kry nie. Nancy het besluit om hulle by te staan deur met haar eie kleindogter swanger te wees deur surrogasie.

Hannah is verlede week gebore tydens ‘n nege ure kraam wat Nancy as spiritueel vir hul almal beskryf het.

Nie net het ouma Nancy geboorte gegee nie, maar oupa Jason (59) sowel as haar pa en ma was teenwoordig.

Toe sy besef het die baba gaan nie saam met haar huis toe nie het sy die gevoel as ‘n mengsel tussen diepe dankbaarheid ‘n tikkie hartseer en ‘n tikkie leegheid vir die skeiding beskryf.

Nancy gaan ‘n boek oor haar ervaring skryf en het drie weke van haar werk afgekry.

Bronne: People Magazine en Daily Mail Video

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.