Twee ernstig gewond in verbyryskietery

Deel hierdie storie / Share this story

Twee volwassenes is Woensdagaand ernstig gewond tydens ‘n verbyryskietery by die Hillside Shopping Centre in Durban.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, is ‘n volwasse vrou en ‘n volwasse man in ‘n ernstige toestand na hulle met hoëkalibervuurwapens geskiet is. Beide beseerdes is op die toneel behandel en daarna na ‘n hospitaal geneem.

Verdere inligting oor die skietery is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel