Onthou net, “slap” is die sleutelwoord hier, want bros tjips sal jy nie in foelie kry nie.
Jy het nodig (vir 4 porsies)
foelie (genoeg vir 4 pakkies)
4 groot aartappels
¼ koppie olie
sout na smaak
enige rooi spesery, bv. paprika of Portugese speserymengsel
Maak so:
Skil die aartappels en sny dit soos jy van jou tjips hou.
Smeer die binnekant van die foelie met olie.
Pak die tjips in een laag in die middel van elke pakkie en gooi die res van die olie oor die tjips.
Besprinkel met sout en speserye (laasgenoemde help om die tjips kleur te gee, anders lyk dit darem te vaal).
Sit die pakkie op die rooster oor matige kole vir sowat 30 minute of tot die aartappels sag is.
Die onderkant van die aartappels sal effens bros wees, daarom word dit in ’n enkellaag gepak en ook net een porsie per pakkie.
As jy ’n hoop aartappels op mekaar in die foelie sit, gaan jy kapokaartappels kry.
Bron: Wegry
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



