Linda Potgieter (50) van die Paarl is die Guinness World Records se rekordhouer vir die meeste bungee-spronge in ‘n uur.
Linda het ‘n ongelooflike 23 keer met ‘n 20-meter kabel binne ‘n uur gespring om hierdie rekord in te palm. Dit is ‘n gemiddeld van een sprong elke twee en ‘n halwe minute.
Sy het hierdie rekord gebreek met spronge vanaf die Bloukransbrug by Tsitsikamma in die Kaap, wat met ‘n hoogte van 216 m Suid-Afrika se hoogste brug is.
Die vorige rekord deur Veronica Dean, ook van Suid-Afrika en ook van die Bloukransbrug af, het vir 19 jaar gestaan.
Linda beskryf bungee as iets wat haar selfvertroue bevorder en ‘n manier om vrees te oorwin. Omdat sy uit ‘n agtergrond van mishandeling kom en in verskeie huise grootgemaak is, was sy vol vrees toe sy jonger was. Sy het besluit om haar vrese deur bungee te besweer. Spronge vanuit vliegtuie en van brûe af het vinnig haar passie geword.
Sy is deur Eugene Eloff afgerig wat haar ‘n streng oefenprogram laat volg het om haar fiksheid te bevorder sodat sy fisiese krag kon hê om hierdie rekord-uitdaging aan te pak. Sy het die rekord met spoed en ‘n glimlag hare gemaak.
“All glory goes to my God. It’s because of Him. Thank you to my husband and my kids. I’m just grateful.”
Sy het haar span bedank sonder wie sy nie hierdie rekord sou kon breek nie.
“We can do anything we put our minds to. It was awesome.” het sy gesê.
Sofia Greenacre van Guinness World Records het gesê: “Dit was regtig die toppunt van ‘n rekord wat gebreek word. Ek het nog nooit so iets gesien nie.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



