‘Fantastic Beast’ glo gekanselleer na geskil oor Ezra Miller en JK Rowling

Deel hierdie storie / Share this story

Die reeks Fantastic Beasts is glo gekanselleer. Volgens Variety is daar tans geen planne om aan te gaan met die reeks nie ten spyte van die feit dat die skrywer, JK Rowling, gesê het daar gaan vyf films wees.

Die derde film, Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore het in April vanjaar in teaters gewys en is die film wat die minste geld gemaak het van al die films wat oor die Harry Potter-wêreld gemaak is.

Die derde film is vrygestel te midde van JK Rowling se kommentaar oor transgender mense, Ezra Miller wat verskeie wetlike probleme gehad het en aantygings teen Johnny Depp.

Ezra Miller is beskuldig daarvan dat “hulle” ’n 18-jarige ontvoer het, ’n ma en haar kind geteister het en by ’n huis ingebreek het om alkohol te steel. As “hulle” beskuldig bevind word, sal hulle tot 26 jaar tronkstraf gevonnis word.

JK Rowling het in ‘n twisgeskil betrokke geraak oor haar sieninge dat transgender mense veroorsaak dat vrouens minder regte het en gesien word as minder belangrik.

Verlede maand het sy Nicola Sturgeon daarvan beskuldig dat sy “vroueregte vernietig” na sy die hervorming van die Wet op Geslagserkenning in Skotland gesteun het.

Die GRA-hervorming sal die proses vereenvoudig waardeur transmense die geslagsmerker op hul geboortesertifikaat kan verander.

Bronne: The Pink News, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Daniel Radcliffe: ‘Dit was belangrik om uit te praat vir transgender-persone’