Vriende – een dood, een in koma na motorongeluk buite Lydenburg

Deel hierdie storie / Share this story

Franco Crafford is dood en Divan Hamman (19) in ‘n koma na ‘n ernstige motorongeluk om ongeveer 12:40 op 5 November net buite Lydenburg, Mpumalanga.

Hulle was met ‘n Mitsubishi Triton in die ongeluk met ‘n vragmotor op die Badfontein-pad (R36) betrokke.

Divan is nog dieselfde dag met ‘n Netcare 911-helikopter na Netcare 911 Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem.

Divan is tans in die intensiewesorgeenheid in ‘n medies geïnduseerde koma om die swelling op sy brein te help verminder en ook aan ‘n ventilator gekoppel.

Hy het ‘n skedelfraktuur en het reeds operasies ondergaan om ‘n gebreekte femur en lekkende murg te help herstel. Sy heup was ontwrig en moes teruggesit word. Op 8 November het hy plastiese chirurgie ondergaan om sy neus gedeeltelik te heg en kopbeserings te herstel. Hy toon reeds goeie tekens, maar daar lê nog ‘n lang pad na herstel vir hom voo;r.

Indien iemand hierdie jong man met befondsing op die pad na herstel kan help, word hulle versoek om die volgende Back A Buddy-fonds vir Divan te ondersteun:

https://www.backabuddy.co.za/divan-hamman-5437410868023019817

Bronne: BackaBuddy, Steelburger / Lydenburg Nuus, Laevelder / Lowvelder verskeie ander.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.