John Leonard du Plooy (32) en sy medepligtige Shaun Oosthuizen (42) is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op vier bejaarde vroue by verskillende ouetehuise in Mpumalanga en Gauteng.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, polisiewoordvoerder, sê die gru-moorde het tussen 2018 en 2019 plaasgevind. Die twee is ook vir roof gevonnis.
Oosthuizen en Du Plooy is in hegtenis geneem tydens die polisie se ondersoek na die vier bejaarde vroue by die onderskeie ouetehuise in Gauteng en Mpumalanga vermoor is.
Du Plooy is drie keer lewenslank gevonnis vir moord en 45 jaar vir roof. Oosthuizen is vier lewenslange vonnisse plus 80 jaar opgelê.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



