Nantes Lennox (20), wat in die VSA op ‘n plaas gewerk het en op die 13de Oktober in ‘n tragiese ongeluk dood is, kom uiteindelik huis toe.
Eugene Lennox, Nantes se pa, het laat weet dat Nantes se liggaam volgens beplanning op Woensdag 16 November uit die VSA in die Kaap sal arriveer.
Die Lennox-familie beplan voorlopig om Nantes se begrafnis op 19 November op Springbok te hou.
Nantes was vir ‘n tweede keer in die VSA waar hy op plase gaan werk het en sou op 29 November huis toe kom. Nou kom hy steeds huis toe, maar op ‘n ander manier.
“Hulle het binne ‘n sojaboonsilo gewerk en Nantes het glo sy harnas afgehaal wat hom gepla het. Toe die tragedie plaasvind, kon ‘n vriend, waar hy ongeveer 50 cm onder die sojabone gelê het, deur ‘n PVC-pyp wat hulle gebruik om sojaboonblokkasies oop te maak, asem haal totdat hy later gered is.”
Alhoewel daar pogings was om Nantes se lewe te red, was hy te diep en hy het gesterf.
Sy hartseer familie het gewag dat ‘n doodsertifikaat uitgereik moet word sodat sy liggaam kon terugkeer na Springbok en hy ter ruste gelê kan word, wat nou uiteindelik gebeur.
Eugene, Nantes se pa, het reeds sy graf klaar gegrawe en alle reëlings vir sy begrafnis is reeds getref. Dit was net Nantes en ‘n datum wat gekort het.
FiND iT Nuus spreek hiermee medelye aan die besonderse familie en vriende uit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



