Agt mense is Donderdagoggend in ‘n groot ongeluk op die N8 tussen Bloemfontein en Thaba Nchu dood.
Ongeveer 56 mense is beseer in die botsing wat omstreeks 06:00 plaasgevind het. ‘n Interstate-bus en ‘n vragmotor was betrokke.
Die pad was vanaf 11:00 toegemaak, omdat passasiers die hele gebied vol gelê het.

Volgens die woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, het die vragmotorbestuurder na bewering die bus verbygesteek toe hy ‘n motor sien aankom het.
Om ‘n botsing reg van voor te vermy, het hy links, reg voor die bus, ingeswaai.
Albei bestuurders is dood.
Twee van die 56 passasiers wat beseer is, is kritiek in die hospitaal.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



