‘n Liggaam wat Dinsdag onder die Bloukransbrug op dieTuinroete by Tsitsikama in die Wes-Kaap deur verkykers opgemerk is, is nog nie herwin nie.
Maandag om 15:00 is owerhede in kennis gestel van ‘n motorfiets met ‘n GP-nommerplaat, wat verlate en gedeeltelik in bosse, naby die 216 meter hoë brug gevind is.
Pogings om die liggaam gister na die pad te bring, is gestaak nadat weerstoestande versleg het. Kol. Priscilla Naidu het bevestig dat die pogings om die liggaam te herwin vandag hervat sal word.
Reddingspanne wat tot op ‘n punt kon abseil, het bevestig dat daar wel ‘n liggaam was, maar moes die herwinning staak terwyl vir lugsteun gewag word.
Verskeie eenhede wat die Gqeberha K9 soek-en-reddingseenheid, SAPD-duikeenheid, Metro EMS van Gqeberha en Sarah Baartman-distrik, asook Stormisrivier-polisie insluit, vorm deel van die soek-en-herwinningsoperasie.
Die identiteit van die persoon word tans teruggehou totdat ‘n positiewe uitkenning plaasgevind het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



