Oud-Bok JP Pieterse se pa sterf ná hartaanval

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewese Springbok-rugbyspeler, JP Pieterse (36), se pa is aan ‘n hartaanval oorlede.

John Pieterse (63) is Sondag net na hy uit die bed opgestaan het, oorlede.

Skermgreep van ‘n inskrywing op JP se Instagram-blad.

Volgens Netwerk24 is John omstreeks 09:00 in sy huis in Tenantville, Stellenbosch dood nadat ‘n bloedklont in sy longe tot komplikasies gelei het en toe die hartaanval veroorsaak het.

John is vroeër vanjaar met prostaatkanker gediagnoseer en het onlangs ‘n operasie ondergaan. Volgens JP het sy pa goed herstel na die operasie en niemand het sy dood verwag nie.

John word oorleef deur sy vrou, drie kinders en vier kleindogters.

Hy word op 19 November begrawe.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel