Liggaam van onbekende man langs pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man met steekwonde aan sy liggaam is Dinsdagoggend op Ou Hoofweg in Canelands KwaZulu-Natal ontdek.

Die onbekende liggaam langs die pad.

Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) het omstreeks 05:29 ‘n oproep om bystand ontvang nadat mense wat na hul werkplek gestap het, die liggaam ontdek het.

Met hul aankoms het Rusa-lede die liggaam van ‘n man wat na raming in sy laat twintigs was, op ‘n grasrand langs die pad gevind. Hy het ‘n steekwonde aan sy liggaam gehad. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is deur paramedici dood verklaar.

Die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.

Fotolrediet: Rusa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel