Bakkies Botha, voormalige Springbokslot, is afgesien van ‘n oorbesering ongedeerd nadat sy bakkie verskeie kere Dinsdag in Pretoria se reënweer gerol het.
Net sy linkeroor het gebars van ‘n ou rugbybesering.

Botha was op pad om sy Toyota Land Cruiser vir ‘n diens te neem toe hy naby Hoërskool Waterkloof beheer oor sy bakkie verloor het as gevolg van die nat teerpad.
Sy skoonpa, Ben Horn, wat agter hom gery het, het gesien hoe die bakkie drie keer gerol het en selfs een keer “gat oor kop” geslaan het.
Ben het nie gedink Bakkies het die ongeluk oorleef nie.
Volgens Netwerk24 het ‘n vragmotor voor hom gery waar hy vanaf die N1-snelweg links in die R21-afrit gedraai het en as gevolg van al die water het die vragmotor hom nie sien aankom nie.
Om uit die vragmotor se pad te kom, het Bakkies van die een baan na die ander een gewissel. Die vragmotor het glo dieselfde gedoen. Bakkies het probeer uitswaai, maar kon dit nie vinnig genoeg doen nie. Hy het in die proses beheer oor die bakkie verloor oor die nat pad.
Die vragmotorbestuurder, wat gesien het wat gebeur, het gestop en gevra of Bakkies oukei is.
Bakkies se oor moes 14 steke kry en die bakkie, wat baie skade gekry het, is afgeskryf.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



