Dis dalk baie makliker om jou eie wraps tuis te maak as wat jy dink! Hier is ‘n flopvrye resep.
Bestanddele:
4 koppies meel
½ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
3 eetlepels botter, olie, margarien of vet
1 koppie baie warm water (net onder kooktemperatuur)
Metode:
Meng al die bestanddele baie goed.
Knie dit – die tekstuur moet elasties wees.
Maak okkerneutgrootte balletjies daarvan.
Druk dit plat en rol dit uit.
Gebruik ‘n baie warm kleefvryepan.
Plaas die deeg droog in pan (geen botter, ens.)
Braai 10 sekondes aan elke kant.
Moet dit nie opstapel nie.
Jy kan dit vries vir tot 3 maande.
Jy sal 16 wraps hieruit kry.
Vul dit met heerlike vulsels.
Bron: RSG Resepte
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



