Ma en pasgebore tweeling in ongeluk op pad huis toe van hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma en haar pasgebore tweeling was Maandagmiddag in ‘n botsing in Mbombela betrokke.

Volgens Emer-G-Med is paramedici Maandag vroegmiddag na die toneel ontbied waar twee motorvoertuie by ‘n botsing op die kruising van Madibaweg en Koorsboonstraat betrokke was.

Niemand het ernstige beserings opgedoen tydens die ongeluk nie. ‘n Ma en haar pasgebore tweeling was op pad huis toe in die een motor. Die tweeling is kort na middernag gebore.

Die babas en die ma is op die toneel ondersoek.

Emer-G-Med lê klem op die belangrikheid om babas en kinders altyd in motorstoeltjies te vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel