Deel asseblief: Help om vyf maande oue baba op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lethabo Lincoln Mbokazi was laas op 20 September gesien waar hy in sy ouerhuis op Olievenhoutbosch geslaap het.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, sê sy ma was glo besig met wasgoed buite die huis. Toe sy terugkeer om na hom om te sien, was hy weg. Slegs sy komberse was in sy bed.

‘n Saak van ‘n vermiste persoon is by Pretoria-Sentraal se GKS-eenheid gerapporteer.

Enigiemand wat weet waar die baba is, kan met die ondersoekbeampte, konst. Bosigo by 012-353 4000 kontak maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.