Bokang Karedi (8) is laas op 5 November om 08:05 in Constantiapad, Thabong, Vrystaat gesien.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê sy ouma was na bewering na ‘n begrafnis en toe sy om 13:15 terugkeer, was hy weg. Sy het gedink hy speel met maats en sou huis toe keer. Na 15:00 het sy hom begin soek, maar kon hom nie opspoor nie.
Hy was geklee in ‘n blou sweetpak en ‘n blou kortmou T-hemp en was kaalvoet. Hy is kort, donker van gelaat en praat Sesotho.
Daar is tans geen foto van hom beskikbaar nie.
Indien enigiemand weet waar die agtjarige hom bevind, kan hulle met AO. Gerrie Nel van Thabong kontak maak by 071 411 8367.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



