Ses mense is Sondagaand op slag dood nadat ‘n Mercedes-Benz teen ‘n vragmotor gebots het.
Volgens mnr. Moeti Mmusi, polisiewoordvoerder, het die ongeluk naby die tolhek op die N4 in die rigting van Mbombela gebeur.
“Drie volwassenes en drie kinders is op slag dood. Nog drie mense wat in die pad gestap het, is beseer toe die stukke van die vragmotor en motor hulle getref het.”
‘n Ondersoek sal die oorsaak van die ongeluk bevestig.
Die departement van gemeenskapveiligheid in Mpumalanga het ‘n streng waarskuwing aan motorsite gerig nadat twee grusame ongelukke die afgelope naweek in die provinsie plaasgevind het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



