Die Dierebeskermingsvereniging in Nelspruit het dié naweek ‘n baba-bobbejaantjie van slegs ‘n paar dae oud langs haar ma se ontbindende liggaam by die Fairview-myn in die Baberton-distrik gevind.
Die DBV weet nie wat die oorsaak van die bobbejaan se dood was nie.
Gemeenskapslede het die DBV in kennis gestel van die bobbejaantjie. Mathews van die DBV het die bobbejaantjie versorg en die Riverside Wildlife Rehabilitation Centre in Letsitele het die bobbejaantjie die volgende oggend by die DBV gaan haal.
“Dit maak mens se hart warm wanneer almal handevat om ‘n kosbare klein lewetjie te red.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



