Regter Daniel Tulare van die Wes-Kaapse hooggeregshof gaan glo ’n geregtelike doodsondersoek loods om die dood van die Suid-Afrikaanse politikus en aktivis Imam Abdullah Haron te ondersoek.
Haron is op 27 September 1969 by die Caledon Square-polisiekantoor in polisieaanhouding dood.
Hy is ingevolge die Terrorismewet vir 123 dae in eensame aanhouding aangehou.
Die apartheidsregering van destyds se 1970- geregtelike doodsondersoek het bevind dat niemand vir sy dood te blameer was nie en dat hy aan natuurlike oorsake dood is.
Bronne: eNCA, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Ma van Kaapstad desperaat om met kinders herenig te word



