Kurt Darren se seuntjie gaan gr.1 toe

Deel hierdie storie / Share this story

“Kaptein” Kurt Darren se seuntjie gaan volgende jaar gr.1 toe. Kurt het die nuus op sy Instagram-blad gedeel.

“Kade Kabouter gaan “groot” skool toe, mooi so seun, ons is trots op jou ons klein gentleman,” skryf Kurt by sy foto.

Kade Darren. Foto: Kurt Darren

Kurt en sy vrou, Dunay, het ook ‘n dogter Kyrah wat nou agt oud is en ‘n kranige perdryer is. Sy het die naweek aan haar eerste perdrykompetisie deelgeneem.

Deel jou foto van jou kind wat tans in gr.1 is of volgende jaar gr.1 toe gaan, met ons.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel