‘n Man het na bewering ‘n babaseuntjie met ‘n graaf doodgeslaan.
Die 38-jarige man sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof op Leeudoringstad, Noordwes, verskryn.
Luidens ‘n verklaring deur die polisie het die voorval Saterdag in die Kgakala-township gebeur.
Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Amanda Funani, het die baba se 16-jarige ma met haar oom baklei.
Die man het glo ‘n graaf gaan haal om sy niggie aan te rand, maar die vyf maande oue baba wat op haar rug was, doodgeslaan.
Die baba is eers na ‘n kliniek geneem waarna hy na die hospitaal op Wolmaransstad geneem is en toe na die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp, waar hy dood verklaar is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



