Lilly (2) het gekwalifiseer om Suid-Afrika as finalis, waarvan daar twee in SA is, by die “Brahman – Miss World” wêreldkampioenskappe wat in Desember plaasvind, te verteenwoordig.
Lizemari de Klerk, mede-eienaar van De Blanque Brahman Stud wat self in 2019 tweede plek behaal het in Agri Gauteng se Jongboer van die Jaar-kompetisie, is baie trots op Lilly se nominasie en sê: “My hart loop oor van trots!”
Lizemarie en Hans Terblanche, haar pa, boer al van 2006 met die aanpasbare ras in Onderstepoort, Pretoria-Noord, Gauteng.
Die 2022-brahmaan-wêreldkampioenskappe vind vanaf 1 – 14 Desember plaas. Die vier beoordelaars is van regoor die wêreld aangewys, naamlik: Wilson Muñoz (Colombia), Alejandro Lauret (Argentinië), Ting Braithwaite (Suid-Afrika) en Brandon Cutrer (VSA). Ongeveer 64 lande neem deel aan hierdie gesogte kompetisie.
Die volgende vier beeste, met fotokrediet aan Brahman Breeders, gaan Suid-Afrika in hul kategorieë soos genoem, verteenwoordig:




Al die finaliste van regoor die wêreld wat deelneem, kan gesien word op die 2022 “Brahman – Champion of the World” Competition Facebook-album.
Al Lizemari en Hans se spogdiere kan op die De Blanque Brahman Stud Facebook-blad gesien word.
FiND iT wens Lilly sterkte toe op haar pad na Mej. Wêreld.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



