Aspersies met spek

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n heerlike resep vir ‘n voorgereg of ‘n peuselhappie.

Bestanddele:

Vars groen aspersies (2 per persoon)
spek of parmaham
olyfolie
growwe sout
balsamiese asyn
toutjie/tandestokkie

Metode:

Was die aspersies.
Meng die olyfolie, asyn en sout.
Marineer aspersies daarin vir minstens 30 minute.
Maak ‘n vuur.
Terwyl die vuur nog warm is en die kole gloei, skroei die aspersies vinnig.
Haal af, en sit terug in marinade vir so 5 minute.
Haal uit, rol spek of parmaham om die aspersie en steek vas met ‘n tandestokkie of toutjie.
Sit terug op vuur.
Sodra die vet van die spek gaar is, haal af en bedien.

Bron: RSG Resepte
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel