Jong vrou (24) van Kemptonpark opgespoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die 24-jarige Casandra Schroeder van Kemptonpark, wat vir meer as ‘n week vermis was, is opgespoor.

Haar ma, Zarina, het pas die nuus aan FiND iT bevestig.

“Ons weet sy is veilig en oukei. Ons is nog besig met die laaste goedjies.”

In ‘n vorige onderhoud met FiND iT het Zarina gesê dat Casandra haar van ‘n vreemde nommer af gebel het en gesê het haar selfoon is gesteel.

Lees die vorige berig hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel