Vyf dood toe Citi Golf omslaan

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense het Sondag 6 November 2022 hul lewens verloor toe ‘n Volkswagen Citi Golf waarin hulle gery het op die R544-pad tussen eMalahleni en Verena omgeslaan het.

Daar was ses insittendes in die voertuig ten tye van die ongeluk. Geen ander voertuig was in die ongeluk betrokke nie.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die motor verskeie kere gerol waarna die passasiers en bestuuder uit die motor geval het.

Een persoon het ernstige beserings opgedoen en ontvang behandeling in die KwaMhlanga-hospitaal.

Die oorsaak van die ongeluk word tans ondersoek.