Vrou met baba in haar arms onverhoeds van agter aangerand

Deel hierdie storie / Share this story

Traci Schaefer (29) van Brakpan het foto’s van haarself op sosiale media geplaas nadat sy glo deur ‘n 19-jarige man, wie se identiteit aan FiND iT bekend is, met haar 21 maande oue baba in haar arms onverhoeds van agter af aangerand is.

“Hy het op ‘n stadium sy vinger in my oog gedruk en dit probeer uitkrap en toe ek gly my teen die kop geskop.”

Hy is die seun van Traci se ma se kêrel.

Traci het intussen vanmiddag ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer by die Brakpan-polisiestasie teen hom aanhangig gemaak. (68/11/2022)

Volgens Traci het hy glo in Januarie haar ma aangerand en gewurg in die teenwoordigheid van haar agt jaar oue seun. Sy het die saak wat sy oopgemaak het weer teruggetrek. Hy het glo hierdie seun van haar twee jaar gelede, toe hy maar ses jaar oud was, met ‘n baksteen gegooi en met ‘n sigaret gebrand.

“Hy het my ma met die dood gedreig indien ons nie die kriminele sake teen hom terugtrek nie.”

Traci sê hulle is in besit van bewyse waar hy nog ander misdade pleeg.

Traci het intussen boodskappe ontvang van vrouens wat sê hulle is in situasies waar hulle ook aangerand word en dat hulle haar bewonder dat sy opstaan en dit so openlik plaas vir almal om te sien sodat geregtigheid moet seëvier.

FiND iT Nuus is in besit van videomateriaal en foto’s van Traci se beseerde ma en ook van ‘n ander voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.