Nooddienste is tans op die toneel op die N2 in Umhlali waar ‘n motor aan die brand geslaan het.
Volgens IPSS Medical Rescue kon die bestuurder van die motor gelukkig wegkom voor die motor aan die brand geslaan het.
Die brandweer is op die toneel om die vlamme te blus.
Verkeer in die area staan stil.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



