Man trou vir die 88ste keer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Indonesiese man (61) maak nou gereed om vir die 88ste keer die knoop deur te hak. En jy sal nie glo wie die 88ste bruid is nie…

Kaan, soos die 61-jarige man van Majalengka in West Java bekendstaan, is die “Playboy King'” gedoop omdat hy in sy 61 jaar al 87 keer getroud was.

VolgensTribunnews is sy bruid vir die 88ste troue sy laaste eks-vrou.

Volgens verskeie mediahuise het Kaan gesê hy kon nie sy eks-vrou weier toe sy hom wou terughê nie.

Hy was maar 14 jaar oud toe hy vir die eerste keer getrou het, met ‘n vrou wat twee jaar ouer as hy was. Sy vorige huwelik het net ‘n maand gehou.

Kaan het aan Malay Mail gesê dat sy eerste vrou hom twee jaar ná hul troudag gelos het oor sy “swak houding.”

Na dié voorval het hy glo “spirituele kennis” opgedoen om soveel vroue moontlik op hom verlief te maak. Hy sê hy wil vroue nie kwaad aandoen nie. “Ek wil ook nie met hulle gevoelens speel nie. Dis beter dat ek trou.”

Sy vroue se identiteite is nie bekend nie en dis ook nie bekend hoeveel kinders hy by die 87 vrouens gehad het nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel