Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe se vrou is swanger met hul derde kind en dié keer is dit ‘n bulletjie.
Layla Kolbe het dié nuus onlangs op haar Instagram-blad gedeel.
“Het Frankryk in Junie verlaat en geen idee gehad nie. Ons het dit dus vir die laaste tyd ‘n geheim gehou sedert ons van hierdie absolte seën uitgevind het,” skryf Layla by haar inskrywing.
Die gepaar het reeds twee dogtertjies, Kylah (5) en Mila Skye wat in November twee word.




