Een persoon is Woensdag dood en vyf ander ernstig beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing in Cottonlands, KwaZulu-Natal.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die ongeluk op die Vincent Dickenson-pad plaasgevind.
Rusa het verskeie oproepe oor die ongeluk van verbygaande motoriste ontvang.
Met lede se aankoms op die toneel het hulle gevind dat die bestuurder van ‘n maroen Datsun Go oorlede is. Drie passasiers in die motor is ernstig beseer.
‘n Taxibestuurder was ook in sy voertuig vasgekeer.
Die omstandighede van die ongeluk is nog nie bekend nie.






Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



