Kind na bewering byna by mall in Pietermaritzburg ontvoer

Deel hierdie storie / Share this story

Die Liberty Midlands Mall in Pietermaritzburg het op Twitter bevestig dat hy bewus is van die gerugte dat ‘n kind in dié winkelsentrum ontvoer is.

Die sentrum sê hy het beeldmateriaal nagegaan en kan bevestig dat ‘n groep sokkerondersteuners omstreeks 18:30 Sondagaand die sentrum binnegegaan het.

“Een van die ondersteuners het ‘n klein kind voor hom opgetel. Die persoon se intensie is onbekend.”

Die sentrum se sekuriteitspan het vinnig opgetree en die ondersteuner na die sekuriteitskantoor geneem vir ondervraging.

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en die kind is veilig aan sy ouers terugbesorg

“Liberty Midlands Mall prioritiseer die veiligheid en sekuriteit van klante, personeel en huurders en gaan soos normaal voort.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel