Jong ingenieur sterf in motorongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bekende Potchefstromer is Saterdag 29 Oktober in ‘n motorongeluk oorlede.

Dié kranige sportman en ingenieur, O.J. Labuschagne (30) was op pad terug na Potchefstroom vanaf Vanderbiljpark waar hy Saterdag gewerk het.

Hy het glo beheer oor sy voertuig verloor en is op slag dood.

O.J. was ‘n bekende Potchefstromer en geliefd onder sy vriende, familie en kollegas. Hy was in Baillie Park op laerskool (tot en met 2004) waarna hy in 2005 na Laerskool Mooirivier geskuif het. Hy het in 2010 by Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer.