Elon Musk ontbind Twitter se raad van direkteure

Deel hierdie storie / Share this story

Elon Musk het Twitter se raad van direkteure ontbind en homself as uitvoerende hoof aangestel na hy Twitter amptelik gekoop het.

Musk het verskeie top-amptenare afgedank na hy verlede week die kooptransaksie voltooi het.

Musk het sonder om uit te brei, getwiet dat die stap om die direksie te ontbind “net tydelik is.”

Sedert die oorname, wat verlede week afgehandel is, het Musk vinnig beweeg om sy stempel op Twitter af te druk.

Sy spanne het met sommige werknemers begin vergader om Twitter se sagtewarekode te ondersoek en te verstaan ​​hoe aspekte van die platform werk, volgens twee bronne wat vertroud is met die saak.

Musk het ook hersienings voorgestel aan die platform se gebruikerverifikasieproses, wat tot nou toe gratis was.

Musk het gereageer op ‘n twiet van die skrywer Stephen King dat hy nie bereid sou wees om $20 (€20,15) per maand te betaal om die geverifieerde kenteken op Twitter te hou nie, en Musk het geantwoord: “Wat van $8?”

Die miljardêr het gesê die instelling van ‘n betaling die enigste manier is om van trolle en bots op die platform ontslae te raak en dat Twitter nie heeltemal op adverteerders kan staatmaak om sy rekeninge te betaal nie.

Bronne: Euro News, The Citizen, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Elon Musk het beheer oor Twitter, dank top-amptenare af