Elon Musk het beheer oor Twitter, dank top-amptenare af

Deel hierdie storie / Share this story

Elon Musk het beheer van Twitter oorgeneem en glo die hoof- uitvoerende beampte, finansiële hoof en die maatskappy se top-prokureur afgedank.

Bronne wat weet van die transaksie wou nie bekend maak of al die papierwerk geteken is en of die transaksie heeltemal afgehandel is nie. Hulle het slegs gesê Musk is nou in beheer van Twitter en het die hoof- uitvoerende beampte, finansiële hoof en top-prokureur afgedank.

‘n Paar uur na die transaksie glo afgehandel is, het Musk ’n plasing op Twitter gesit wat sê: “Die voël is vry” wat verwys na Twitter se logo.

Nog veranderinge word verwag noudat Musk in beheer is.

Bronne: Euro News, CNN, Mail and Guardian

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Beloning vir inligting na vrou verkrag en verbrand is