
Twee kinders en vier volwassenes is Saterdagoggend om ongeveer 04:50 in ‘n ongeluk op die R60-pad naby Mouershoogte tussen Worcester en Robertson, Wes-Kaap, in ‘n ongeluk tussen ‘n motor en vragmotor oorlede.
Na bewering het die kop-aan-kop botsing naby die Nuy-wynkelder plaasgevind.
Die oorledenes is geïdentifiseer as Steve Delot (25), sy lewensmaat Vontia Veenedaal (29) en Shaneqa Delot (4) hul dogter. Vontia se suster, Charlene Veenendaal (31), haar tannie Eva Phillips (28) en dié se babaseun, Evan Phillips (1), is ook op die toneel dood verklaar.
Die vragmotorbestuurder het die owerhede in kennis gestel en is vir ligte beserings in ‘n hospitaal behandel.
Sers. Wesley Twigg het die ongeluk bevestig en gesê die omstandighede wat tot die botsing gelei het, word ondersoek.
Die oorledenes was glo op pad met vakansie na familie in Agulhas.
‘n Saak van strafbare manslag word deur die Worcester-polisie ondersoek.
Bronne: Die Burger, Worcesteriete Staan Saam Facebook-blad, Voice of the Cape Radio – VOC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



