Twee van SA se burger-restaurante van wêreld se bestes

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens Big 7 Travel is Smokin’ Joe’s se Gypsy King-burger aangewys as die 12de beste burger ter wêreld.

Die opname het burgers van regoor die wêreld beoordeel, insluitend van die bestes uit die VSA, en gekyk na kwessies soos waarde vir geld, konsekwentheid (Google- en ander resensies), innovasie, atmosfeer, ligging en toeganklikheid.

Nie net was Smokin’ Joe’s die beste in Afrika nie, maar dit het die enigste ander Suid-Afrikaanse burger-restaurant op die lys, The Dog’s Bollocks in Kaapstad, wat nommer 34 was, geklop.

Die algehele wenner was Royal Stacks in Melbourne, gevolg deur Midcity Smashedburger in Portland, Oregon, en Burger Geek in Auckland. Swede, Buenos Aires, St Paul, Minnesota, Londen, Rome, Ontario en Berlyn het die beste burgers volgens die top 10-lys.

Meer as 1,5 miljoen mense uit 60 lande neem aan peilings vir Big 7 Travel deel en stem vir die beste reistoekennings wêreldwyd. Suid-Afrika het al in die verlede toplyste gehaal. In 2019 was Suid-Afrika die vyfde mees “Instagrammable” land ter wêreld en die Krugerwildtuin en Kaapstad is gelys in die top-50 bestemmings om te besoek ná die Covid-19-pandemie.

Bronne: IOL, News All

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Polisie verseker mense Zoeloe-koning se kroning sal veilig wees