Wat maak jy Saterdag, 5 November? Kom geniet die heerlikste wine & tea pairing by die Laurier Blanc-restaurant by Oleander-gastehuis in Kimberley.
Bespreekte plekke kos R420 per persoon en jy sal onthaal word met die heerlikste kos uit die Laurier Blanc-kombuis, asook ‘n wynproe van die voortreflike Piekenierskloof. ‘n Unieke rooibosteeversnit word saam met die wyn bedien, nie net om elke maaltyd te vergesel nie, maar ook om as ‘n palate cleanser te dien sodat jy die wyne beter kan proe. Dié twee smake komplementeer mekaar. ‘n Ondervinding wat jy nêrens anders sal ervaar nie.
Bespreek nou by [email protected] of 053 832 7088.



