Twee sussies oorlede in ongeluk op Jan Kempdorp, nog vier mense oorlede, twee beseer

Deel hierdie storie / Share this story

JAN KEMPDORP. – Drie jongmense is dood en twee beseer, asook nog drie mense is dood in ’n botsing reg van voor op die pad tussen Hartswater en Jan Kempdorp, tussen 19:00 en 20:00 gisteraand.

‘n Omstander op die toneel het aan FiND iT gesê die vyf jongmense, in ‘n Polo, was op pad na Hartswater toe ‘n Hyundai Tucson vanuit ‘n noordelike rigting gekom het. Die Tucson se bestuurder het glo oor die pad gery en die Polo het probeer uitswaai.

Die twee motors het mekaar toe reg van voor getref.

Al drie insittendes van die Tucson is oorlede. Drie meisies in die Polo is oorlede, terwyl die oorlewende seun per ambulans en een meisie met ‘n Rocket-lugambulans na Lenmed vervoer is.

Twee van die meisies wat oorlede is, was sussies. Janke Coetzer (19) was verlede jaar in Diamantveld. Lize Coetzer (16) was vanjaar in gr. 10.

Die seun se naam is Albie Schutte.

Mnr. Leon Victor, hoof van die Hoërskool Diamantveld het aan FiND iT gesê die leerlinge is erg geskok en die skool sal môre berading aan leerlinge beskikbaar stel.

FiND iT het navraag by die polisie gedoen. Die ander oorledenes se name kan nog nie bekend gemaak word nie.

FiND iT Nuus betoon simpatie aan familie en vriende van die oorledenes in hierdie hartseer tyd.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel