Aussie-KFC-werkers in die moeilikheid na hulle aan hoenderstukke lek

Deel hierdie storie / Share this story

’n Groep Australiese KFC-werknemers is gekritiseer vir ’n video waarin dit lyk of hulle stukke gaar hoender lek, handevol blaarslaai gryp en kos gooi. Die video het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Die rekening waarop die video gedeel is, is privaat gemaak, maar die video is reeds na verskeie mediamaatskappye versprei.

Die beeldmateriaal begin met ‘n KFC-werknemer wat ‘n skinkbord hoender uit die herverhittingsoond haal. Dan tel ‘n ander werknemer ‘n paar hoenderstukke op, lek dit en byt daaraan. ’n Ander werker kantel dan sy kop agteroor terwyl skyfies oor sy gesig val.

Aan die einde van die snit gryp ‘n werknemer handevol blaarslaai van ‘n skinkbord en eet dit.

Luidens berigte wou die kitskosreus nie teenoor plaaslike media kommentaar lewer oor die voorval wat na bewering by ‘n tak in Queensland plaasgevind het nie.

Bronne: IOL, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: KFC stel privaat speurder aan om vals voedselinspekteur te vang