Taxi tussen vragmotor en reling vasgedruk

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Taxi het Woensdagmiddag op ‘n enkelbaanbrug in Verulam, KwaZulu-Natal, in ‘n vragmotor vasgery en was tussen die vragmotor en ‘n metaalreling vasgedruk

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is niemand tydens die ongeluk beseer nie.

Lede van Rusa is omstreeks 14:51 Woensdagmiddag na dke toneel ontbied. Die Toyota Quantum was tussen die Mercedes Benz en ‘n metaalreling vasgedruk.

Die bestuurder van die minibus het aan die lede gesê sy taxi se remme het gefaal.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel