Liggaam van juffrou terug in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat in China gesterf het, is terug na haar huis op Mosselbaai gestuur.

Lusanda Sixaxeni (27) het die laaste drie jaar voor haar dood vanjaar op 12 September in China as ‘n Engels-onderwyser gewerk.

Chinese owerhede wou Sixaxeni se oorskot veras, wat teen die gesin se oortuigings en wense was. Daar is aan hulle gesê hulle sal sowat R400 000 moet insamel om Sixaxeni se liggaam na SA terug te bring.

Die gesin het daarin geslaag om die geld met die hulp van Mosselbaaiers en ander Suid-Afrikaners bymekaar te maak.

Sixaxeni se liggaam het Maandag in die land aangekom en is Dinsdag na haar familiehuis op KwaNonqaba vervoer.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Sy word Saterdag ter ruste gelê.

Bronne: Algoa FM, Jakaranda FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Familie jaag teen tyd om onderwyser se liggaam vanaf China terug te bring