Jong vrou in hegtenis omdat sy glo honde op polisie loslaat

Deel hierdie storie / Share this story

’n 18-jarige vrou van Bloemfontein is in hegtenis geneem na sy glo honde op polisiebeamptes losgelaat het.

Die polisiebeamptes het gesê hulle was besig om ’n huis te deursoek toe hulle inligting ontvang oor ‘’n verdagte wat dwelms verkoop.

Hulle het glo Mandrax en tik in ’n  38-jarige man se sakke gekry. Toe hulle die huis wil verlaat met die verdagte, het die 18-jarige vrou glo haar honde op hulle losgelaat. ’n Beampte is met ligte beserings na ‘n hospitaal geneem.

Die vrou staan tereg op ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

‘n 36-jarige man is in hegtenis geneem vir crimen injuria en dwarsboming van die gereg. Die 38-jarige sal teregstaan op aanklag van dwelmhandel. Die drie sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Bronne: SABC, OFM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Morero uit, Phalatse in as Johannesburg-burgemeester