’n Vrou in Amerika se lewe is deur ’n Apple Watch gered. Young Sook (42) is deur haar man vasgebind, gesteek en lewendig begrawe na ’n argument oor geld en hulle egskeiding.
Young het haar Apple Watch gebruik om 911 te bel toe haar man haar by ’n woud ingeneem het om haar te begrawe. Hy het die horlosie stukkend geslaan, maar die 911-operateurder het reeds die polisie gebel.
Nooddiensamptenare kon haar nie kry nie, maar sy kon ure later uit die graf ontsnap en hulp kry by vreemdelinge.
Haar man is in hegtenis geneem, maar sy prokureur probeer die hof oortuig hy is “geestelik versteur”.
Bronne: News Bytes, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vrou se liggaam in luislang gevind



