Man (37) gevonnis na hy dogter swanger maak

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man van Mitchell’s Plain in Kaapstad is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis na hy sy stiefdogter swanger gemaak het en sy geboorte moes gee aan die kind.

Die man kan nie geïdentifiseer word nie.

Die man het volgens IOL in 2019 skuldig gepleit op aanklagte van statutêre verkragting na hy in hegtenis geneem is.

Die tienermeisie se ma het van die swangerskap uitgevind ná die tiener “gewig opgetel het”.

Die familie het bekommerd geraak oor haar gesondheid en haar na ‘n dokter geneem, wat toe kon vasstel dat sy swanger is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel