Die oorsaak van dood van die geliefde en bekende akteur Robbie Coltrane is as orgaanversaking op sy doodsertifikaat aangeteken.
Die Harry Potter-ster is op 14 Oktober op die ouderdom van 72 oorlede.
Ten tye van sy dood het hy aan sepsis, ‘n lugweginfeksie, tipe 2-diabetes, hartblok en vetsug gelei.
Coltrane se eks-vrou, Rhona Gemmel, het sy dood in Glasgow geregistreer.
Hy was glo vir ‘n tyd lank voor sy dood siek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



